Ons familie en vriende.
Ons is die Maree gesin. Almal het ‘n rol te speel in hierdie organisasie.
Daar is Lucas, die pa. Hy is die MILJOEN-MAN wat ongelukkig, teen alle verwagtinge in, nogsteeds nie sy miljoen gemaak het nie (of sê hy maar net so om die res van die familie van sy beursie af weg te hou?). Volgens die kinders moet mens hom net laat glo hy slaan die kitaar in die huis, dan kan mens enigiets regkry. Hierdie taktiek het hulle by Ma aangeleer. |
Dan is daar Ilse, sy vrou, maar sy hou nie van die limelight nie en wil glad nie enige inligting oor haarself gee nie. Sy is die dak van ons huis, want daar is niemand wat gate so goed kan toestop as juis sy nie. Sy maak ons veilig voel EN dan weet sy ook hoe om somme te maak. Sy bak ook die lekkerste brood in die wêreld. Dis hoekom sy ons DROOMVROU is. Verder hou sy ons voete ook op die aarde. Dit moet moeilik wees om die enigste realis te wees in 'n huis vol dromers. |
Dan is daar ons kinders.
| Monica is die oudste. Sy is 'n gekwalifiseerde aromaterapeut en ook refleksioloog. Sy behartig ons besprekings en dan sing sy ook nog. Haar boyfriend Michael (ons noem hom sommer Burman oor dit sy van is). Hy speel baskitaar en is die klankingenieur in ons ateljee.Hy gaan ook die tegniese advies hanteer op ons forum. |
 |
. |
Linda is ons middelkind. Sy speel viool en sing ook saam met pa en Monica in die groep Lucas & Kie Sy is die een met die sagte hartjie en die duiweltjies in die oë. |
Carla is die jongste. Sy is besig met 'n kursus in hotel-bestuur. Sy wil graag 'n wêreldberoemde kok word en in die Ritz gaan werk en dan wil sy die hotel koop en die Royal suite vir Ma en Pa gee om in te bly. Sy sing self nogals mooi en sal dit waarskynlik regkry. |
|