Hierdie netwerf is onder konstruksie. Is dit nie die goorste woorde om ‘n nuwe netwerf mee te begin nie, maar dit is tog maar so: mens moet verskoning vra oor alles nog nie in plek is nie. Ons gaan ons bes probeer om die situasie so gou moontlik te verander, want ons het groot planne. Ons sal ook graag van jou wil hoor. Voorstelle en kritiek is welkom.
Die musiekbedryf, en veral die Afrikaanse musiekbedryf is deesdae nogal aan die kook en daarom gaan ons bietjie praat daaroor en raat gee aan dié van julle wat graag 'n deel daarvan wil word. Liedjieskrywers is altyd in aanvraag, en daarvoor gaan ons 'n objektiewe forum hier aan die gang kry sodat almal wat inligting soek oor die werk van die liedjieskrywer, 'n eerlike antwoord sal kry.
As jy net bloot 'n musiekliefhebber is, gaan daar vir jou ook goed hier wees. Alle kitaarspelers wat inligting soek oor die soort kitare wat beskikbaar is en waarvoor hulle gebruik word; of selfs wil weet watter soort snare om te gebruik - kom gerus terug hierheen, want ons gaan aan daardie behoeftes voorsien. Ons sal selfs vir jou raat gee oor wie jou kitaar kan "customize" en hoeveel dit gaan kos.
Ons gaan oor kos en gesondheid ook praat, want Lucas is 'n tipe-2 diabeet. Hy wil graag die ondersteuning gee aan ander diabete. Monica gaan ook praat en inligting gee vir die van julle wat graag meer wil weet oor aromaterapie en alternatiewe medisyne.
Op hierdie werf gaan ons kuier en werk.
Daar gaan ‘n forum wees vir almal wat graag wil leer om kitaar te speel, liedjies te skryf en gekrit te kry.
Hier gaan klank en video materiaal beskikbaar gestel word en inligting verskaf word wat handig kan wees vir enigeen wat belangstel in die musiekbedryf, liedjieskrywers, musieksterre, die vermaaklikheidswêreld en al sy fasette.
Ons gaan ook bietjie kaalkop die waarheid praat oor musiekgoeters en mense en die goeters wat hulle doen.
Click here to submit your site to the search engines for free! - Klink hier vir gratis inskrywing van jou webwerf by die soekgidse |